
=====================================================================
Afrikaans in 'n demokratiserende Suid-Afrika (AV 5:1)
=====================================================================

Inhoudsoorsig


Afrikaans in 'n demokratiserende Suid-Afrika

Victor Webb   het sy toekomsbeskouing aan die end van 1995 geskryf. Dit het vanjaar in die Maart-April uitgawe van die invloedryke Vlaamse 
tydskryf Ons Erfdeel   verskyn as onderdeel van 'n uitvoerige studie, "Afrikaans in het nieuwe Zuid- Afrika".

DIE belangrikste uitdagings vir Suid-Afrika in die onmiddellike toekoms is die vestiging van 'n demokrasie, die ekonomiese ontwikkeling van 
die land, en die vestiging van 'n pluralistiese staatsbestel. Alle nasionale programme, insluitende taalpolitieke programme, moet 
gekonseptualiseer en bedryf word met eksplisiete verwysing na hierdie drie uitdagings. 'n Gesprek oor Afrikaans moet ook geskied binne die 
raamwerk daarvan.

'n Dominante siening onder leidende Afrikaanssprekendes is dat Afrikaans se taalpolitieke toekoms onseker is. Hierdie onsekerheid is 
gebaseer op die vrees dat Afrikaans sy status as amptelike taal op nasionale vlak sal verloor. As Afrikaans de facto nie meer 'n amptelike 
taal op nasionale vlak is nie, word gevrees, sal daar nie meer rede wees vir die aanleer en gebruik daarvan nie; sal die poste van 
taalonderwysers en taaldosente in die gedrang kom; en sal daar 'n afname in die aanvraag na Afrikaanse boeke wees. Afrikaans sal dan binne 
enkele jare 'n laefunksietaal word; 'n taal van slegs die huis en haard.

Hierdie siening is om verskillende redes ongegrond. Vir eers is dit vakkundig onaanvaarbaar. Dit vertrek naamlik van die aanname dat die 
sosiale lotgevalle van 'n taal voorspelbaar is -- selfs op basis van n faktor. Dit is verkeerd. Taalsosiologiese "teorie" het nog nie 'n 
gesofistikeerde vlak van wetenskapsbeoefening bereik nie en laat nie toe dat voorspel word of 'n taal gaan uitsterf of nie.

Die vrese oor die toekoms van Afrikaans is tweedens ongegrond omdat 'n strategiese analise van Afrikaans aantoon dat sy posisie redelik 
sterk is, ten spyte van enkele negatiewe aspekte.

Wat die negatiewe aspekte betref, is daar die taal se gestigmatiseerdheid (Afrikaans dra swaar aan sy verlede as taal van apartheid); die 
feit dat sy sprekers beskou word as mense wat hulself tot ander se nadeel bevoordeel het, en wat ander kultureel uitgesluit het; die feit 
dat Afrikaans nie 'n internasionale taal is nie; en die feit van regstellende aksie.

Daar is ook etlike "bedreigings" vir Afrikaans, soos die ho aansien van Engels, die nasionalistiese ywer van leidende Afrikaners, wat 
dreig met optrede wat "die aktiwiteite van die Ierse Republikeinse Ler na 'n Sondagskoolpiekniek sal laat lyk" indien Afrikaans sy 
ampstaalstatus sou verloor, en die oorheersing van "kultuurorganisasies" soos die Afrikanerbond (vroer die Broederbond), asook media-
instansies, wat steeds met 'n ekslusiewe pro-Afrikaanse en pro-blanke ingesteldheid opereer. Ook die gewaande koste van meertaligheid, die 
vrees dat meertaligheid mag lei tot oneffektiewe administrasie, en die enormiteit van die taak om pluralisme te vestig, bedreig Afrikaans.

Maar teenoor hierdie negatiewe elemente staan die positiewe:

* Afrikaans het ongeveer ses miljoen eerstetaalsprekers (die 3e meeste in die land)
* Hy het ongeveer tien miljoen tweede- en vreemdetaalsprekers (die 4e meeste)
* Afrikaans is 'n hoogs gestandaardiseerde en gekodifiseerde taal (die 8e druk van die Afrikaanse Woordelys- en Spelrels   het in 1991 
verskyn)
* Afrikaans is funksioneel volledig beset: hy word gebruik in elke openbare domein: parlement, wetgewing, staatsadministrasie, godsdiens, 
die nasionale media, ens.
* Afrikaans is demografies omvattend versprei en is 'n kerntaal van elke sosiale groep in die land: jonk, middeljarig en bejaard; mans 
sowel as vroue; plattelanders sowel as stedelinge; werkers, die middelklasse en vooraanstaandes; en elk van die voormalige "rassegroepe": 
wit, swart, kleurling en Asir
* Afrikaans is 'n uitgebreide hulpbron met 'n ryk versameling publikasies op alle terreine (naslaanwerke, woordeboeke, vakboeke, literre 
werke)
* Afrikaans is 'n nuttige instrument waarmee 'n mens opvoedkundig kan ontwikkel, handel kan dryf (o.a. met sterk reklamefirmas), vermaak 
kan word en jou kultureel kan uitleef
* Die bedryf rondom Afrikaans is groot, met taalaanleerprogramme, geletterdheidsprogramme, uitgewersfirmas, ens., elk met die nodige 
begrotings en 'n verskeidenheid van poste vir onderwysers, vertalers, redigeerders en joernaliste
* Die taal het 'n indrukwekkend ho aantal toppresteerders opgelewer: akademici, teolo, skeppende kunstenaars, ens I en
* Daar is 'n uitgebreide netwerk van instellings wat die saak van Afrikaans bevorder.

Die Afrikaanssprekende gemeenskap beskik oor 'n besondere vitaliteit.

Naas hierdie vitaliteit is daar nog een oorweging wat 'n sentrale rol in sy voortbestaan sal speel, nl. sy sosiopolitieke betekenis. 
Afrikaans is die afgelope 100 jaar reeds 'n element van etniese bewustheid. Sedert die afskeidingsbewegings in die Oos-Kaap rondom 1860, 
toe politieke leiers besef het dat hulle die steun van die Afrikaanssprekende grensboere nodig gehad het en Afrikaans in die koerant begin 
gebruik het, is Afrikaans direk betrokke by die identiteit van sy (blanke) sprekers. Sedertdien, in die huidige eeu, het Afrikaner 
nasionalisme 'n hoogtepunt bereik.

Hoewel Afrikaner nasionalisme die afgelope vyf jaar 'n onsekerheid, 'n gevoel van vervreemding, dalk selfs 'n trauma beleef, en dit 
moontlik is dat Afrikaans sy uitgebreide nasionale politieke rol in 'n mate mag verloor, sal Afrikaans m.i. voortgaan om 'n objek van 
etniese lojaliteit te wees, 'n instrument van solidariteit, 'n draer van kulturele besit en 'n simbool van kulturele identiteit. Indien dit 
die geval is, is Afrikaans nie in 'n bedreigde posisie nie.

Ten slotte: die geleenthede wat tans beskikbaar is vir die bevordering van Afrikaans moet ook nie misgekyk word nie: die sterk gees van 
rekonsiliasie in die land, die eksplisiete aanvaarding van pluralisme in die grondwet, en die feit dat die program van regstellende aksie 
Afrikaans 'n geleentheid gee om sy voormalige posisie as nie-rassige taal te herwin.

Afrikaans se taalpolitieke posisie is sterk, maar hy kan natuurlik nie maar net oorgelaat word aan die lot van ekonomiese, politieke en 
sosiale kragte nie. Die dominansie van Engels moet heeltyds gemonitor word. Bevoordeling mag nie lei tot die verswakking van die posisie 
van die 10 ander amptelike tale nie.

Aan die ander kant moet die "gevaar" van Engels in Suid-Afrika ook nie oordryf word nie. Die Engelssprekende gemeenskap n Engels het 'n 
enorme bydrae gelewer tot die land se kultuur, sy ekonomiese groei, sy politieke en opvoedkundige instellings, sy norme, waardes, houdings, 
ens. Sonder Engels was alle gemeenskappe in Suid-Afrika, en veral die Afrikaanse gemeenskap, aansienlik armer.

Samevattend: Vir sover 'n persoon die saak van Afrikaans wil bevorder, moet hy myns insiens in eerste instansie streef na eie 
uitnemendheid: akademies, literr, ekonomies, politiek, ens. Een N.P. van Wyk Louw en een Breyten Breytenbach beteken meer vir die saak van 
Afrikaans as 'n 1000 taalnasionaliste.

Prof. Victor Webb   doseer Afrikaanse taalkunde aan die Universiteit van Pretoria.

Terug na bo

Hierdie blad: <http://www.afrikaans.com/av519.html> Voeg kommentaar toe aan hierdie bladsy. Skryf gerus aan die redaksie.  Kopiereg (c) 
Stigting vir Afrikaans 1999     Blaai terug | Blaai om
.

Enige woord Al die woorde Presiese frase   /// Afrikaans Vandag -- Januarie 1998 /// Geen middelmatigheid vir ons jeug (AV 5:1) /// 
Afrikaans en die Universiteit van Natal (AV 5:1) /// Die Stigting nou en vorentoe (AV 5:1) /// Medewerker van die Boekebeurs in Vlaandere 
(AV 5:1) /// Hartlik dank vir die terugvoering (AV 5:1) /// Di Afrikaans staan nie in woordeboeke nie (AV 5:1) /// Hou op kla en doen iets 
positiefs! (AV 5:1) /// M-Net se verhouding tot Afrikaans (AV 5:1) /// Afrikaans in 'n demokratiserende Suid-Afrika (AV 5:1) /// Fase Twee 
van di inisiatief l nog voor (AV 5:1) /// Taalkreatief? vir seker Afrikaans kreatief (AV 5:1) /// (Her)ontdek Nederlands via Afrika (AV 
5:1) /// Dit gaan goed met Afrikaans in die Oos-Kaap (AV 5:1) /// Vroeg al gestry vir Afrikaans (AV 5:1) /// Beterskap vir moe meisie (AV 
5:1) /// Nederland leer kinders die waarde van lees (AV 5:1) /// In die speurroman tel die Jakob sonder die ware (AV 5:1) /// Geen 
anglisisme nie (AV 5:1) /// Afrikaans word net in SA gesing -- s wie? (AV 5:1) /// Die antwoord is: aanpasbaarheid /// Ons Angel-Saksiese 
pleknaamgewing (AV 5:1) /// Privaat skole verseker moedertaalonderwys (AV 5:1) /// Andertaliges daag mekaar in Afrikaans uit (AV 5:1) /// 
Niks doen dit soos Afrikaans nie (AV 5:1) /// Radio sonder grense vandag (AV 5:1) /// Grootword met Boerneef en boeremusiek (AV 5:1) /// 'n 
Glimlag vir Anna (AV 5:1) ///

